Oor Hierdie Boek

Tryna du Toit Omnibus 11

Tryna du Toit
Liefdesverhale

“Daar is liefde en begrip in sy grys oë, en sonder ’n woord lig sy haar gesig na syne.”

 
’n Ruiker in die herfs: Paul Wagner was Margaret se eerste liefde, maar elkeen is met iemand anders getroud. Jare later is albei van hulle weer alleen. Het Paul haar nog lief of speel Magda Jooste nou ’n belangriker rol in sy lewe?

 
Vakansie op Kromrivier: Niek Jordaan nooi vir Anna Pauw saam na Kromrivier en daar leer sy hom beter ken. Nou wonder sy: Is Niek nog lief vir Coralie, sy eks-verloofde, en hoekom het hy Anna saamgebring vir die vakansie?

 
Die nimmer-nimmer-berge: Sarie de Klerk moet ná haar ma se dood na hul plaas terugkeer om vir haar pa en broer te kom huishou. Sy voel vasgevang in haar eensame bestaan, totdat die buurplaas ’n nuwe eienaar kry . . .

 
Ons ken almal vir Hermina: Hermina Greef moet ’n onderhoud voer met die beroemde skrywer Paul Walters. Maar Paul is sku vir publisiteit. Hermina beraam ’n slinkse plan om met hom kennis te maak, maar dan vang slim sy baas.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 235.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Tryna du Toit Omnibus 11

Skrywer: Tryna du Toit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798173261
Vrystellingsdatum: 20 Januarie 2017
Formaat: Sagteband, 304pp

Oor hierdie skrywer

Die bekende romanskrywer Tryna du Toit (die skuilnaam van Catherina Charlotte Kotzenberg née du Toit) is op 13...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...