Oor Hierdie Boek |
 |
Margot en die meerman
Anita du Preez
Liefdesverhale
Margot Lombard is ʼn “koue vis”, of so het sy al self begin glo. Nadat sy haar M.A. in Musikologie voltooi het, gaan hou sy vankansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar graad cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad Lemmer op die toneel: diepseeduiker, donker, eksoties, atleties. En jonger as sy.