Skrywersfokus

Marzanne Leroux-Van der Boon

Biografiese inligting

Marzanne Leroux-Van der Boon is op 26 Desember 1940 in Somerset-Wes in die Wes-Kaap gebore.

Sy matrikuleer in 1958 aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool behaal sy ’n onderwysdiploma aan die Opleidingskollege op Oudtshoorn en studeer ook later aan Unisa. Sy gee tot 1993 Afrikaans by die Rudolph Steiner Waldorfskool in Constantia in Kaapstad. Sedertdien skryf en vertaal sy voltyds.

In die 1970’s begin sy kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte, soos Sarie, Landbouweekblad en Huisgenoot, skryf. In 1974 word vier van haar vervolgverhale (Voor dit lig word, Elizabeth se kind, Seisoen op ’n verlate strand en Die weerloses) gepubliseer. Marzanne begin om ook jeugverhale te skryf Somernagdroom (1980), wat al meer as 18 keer herdruk is, en Die wag vir die somer (1981).

In 1993 ontvang sy die FAK/Helpmekaarfonds-prys vir Ontspanningsleesstof vir haar roman, Klaprose teen die wind. In 2004 ontvang Marzanne die ATKV-prosaprys vir Granate bloei in Jerusalem.

Marzanne woon in Constantia in Kaapstad.

Het jy geweet?

       
  • Marzanne se novelle “Goud uit strooi”, wat in die versamelbundel Bittersoet sewe: liefdesnovelles (1991) opgeneem is, is aangewys as die wenner in Sarie/ATKV se novelle-wedstryd in 1988.
  • Marzanne was vir ’n hele aantal jare sekretaris van die Afrikaanse Skrywersvereniging.
  • Haar jeugverhaal, Die wag vir die somer (1981), word in 1982 aangewys as die naaswenner in Sarie en Tafelberg-Uitgewers se jeugverhaalwedstryd.

Boeke steeds in druk

Luc en Libertine
Somernagdroom (as Marzanne Leroux)
Lewensblik
Granate bloei in Jerusalem, Lux Verbi
Hatikvah: land van hoop, Lux Verbi
Shomer Yisra’el: beskermer van Israel, Lux Verbi
Tifiret Israel, Lux Verbi
Go’el Israel, Lux Verbi
Kavod Adonai, Lux Verbi
HaKotel, Lux Verbi
Hatikvah - Land of Hope
Shades of Crimson

Bekronings

FAK/Helpmekaarfonds-prys vir Ontspanningsleesstof (1993) – Klaprose teen die wind
ATKV-Prosaprys (2004) – Granate bloei in Jerusalem
Christelike Boekhandelaars-prys: fiksie (2004) – Granate bloei in Jerusalem
Patrick Petersen-gedenkprys van die Afrikaanse Skrywersvereniging (2004)

Lys van publikasies

Prosa: romans
1974 Voor dit lig word, Tafelberg
1974 Elizabeth se kind, Op Safari
1974 Seisoen op ’n verlate strand, Human & Rousseau
1974 Die weerloses, Human & Rousseau
1980 Ver land van vrede, Tafelberg
1981 Lente van die rooi papawers, Waterkant
1987 Dosyn dae, dosyn maande, Tafelberg
1992 Klaprose teen die wind, Tafelberg
1995 Soos honde van die hemel, Tafelberg
2003 Granate bloei in Jerusalem, Lux Verbi
2006 Hatikvah: land van hoop, Lux Verbi
2008 Shomer Yisra’el: beskermer van Israel, Lux Verbi
2010 Tifiret Israel, Lux Verbi
2012 Go’el Israel, Lux Verbi
2013 Kavod Adonai, Lux Verbi
2014 HaKotel, Lux Verbi
2015 Tikkun Ha’olam, Lux Verbi
2016 Hasukkah shel David, Lux Verbi
 

Prosa: jeugromans
1981 Somernagdroom, Tafelberg
1983 Aandmis oor Paternoster, Tafelberg
1983 Die wag vir die somer, Tafelberg
1984 Tyd van herkenning, Waterkant
1986 Langebaan/Parys – retoer, Tafelberg
1998 Luc en Libertine, Tafelberg

Prosa: kortverhale 2003
Dawid se jubeljaar en ander kortverhale, Lux Verbi

Vertalings

Granate bloei in Jerusalem (2003)
Engels (2005), Nederlands

Hatikvah: land van hoop (2006)
Engels (2006)

Shomer Yisra’el: beskermer van Israel (2008)
Engels (2008)

Uittreksels uit resensies

Die karakters is fyn, drie-dimensioneel en geloofwaardig. […] Luc en Libertine is ’n baie belangrike jeugroman.” – Barrie Hough, Rapport (1998)

Boeke deur hierdie skrywer

Go’el Yisra’el - Verlosser van Israel Go’el Yisra’el - Verlosser van Israel (ePub) Lewensblik: Sketse oor die lewe (ePub) Skadu’s van gister Kavod Adonai