Skrywersfokus

Malene Breytenbach

Biografiese inligting

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe) geëmigreer waar sy in die laerskool Cecil John Rhodes en die Hoërskool Chaplin in Gweru was. Op ouderdom veertien het sy na Pretoria verhuis en aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer. Aan die Universiteit van Pretoria het sy die grade BA en BA(Hons) (Engels) behaal. Daarna het sy as vertaler gewerk.

Sy en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy verder studeer het en die grade Hons, magister en DPhil in Joernalistiek, MA (Ou Nabye Oosterse Studie) en MPhil (Antieke Studie) behaal het. Sy het van 1990 tot 2008 by die Universiteit Stellenbosch gewerk, in Openbare Betrekkinge, Kommunikasie en die Stellenbosch Stigting. Tans skryf sy voltyds.

In 2005 het sy gedebuteer met ’n romanse, Palmyra herleef by LAPA Uitgewers. Sedertdien het sy verskeie romanses (kontemporêr, medies en histories) by LAPA en Tafelberg, NB Uitgewers gepubliseer. Sy skryf ook vir Tafelberg romanses onder die skuilnaam naam Marilyn Bennett geskryf.

Sy het verskeie tydskrif-kortverhale en koerantartikels geskryf.

Gister is ’n ver land, wat gaan oor die oorlog en plaasonteiening in Zimbabwe, is haar eerste roman.

Lys van publikasies:

Romanses:

Palmyra Herleef (LAPA)
Huis van my hart (LAPA)
Die geheim van Aurora (LAPA)
Godin van die wingerd (LAPA)
Diamante in die stof (LAPA)
Held uit die verlede (LAPA)
Liefste vreemdeling (LAPA)
Verskeurde hart (LAPA)
’n Ster vir Stella (LAPA)
Skat uit die see (LAPA)
Oase van Liefde (LAPA)
Safari na liefde (LAPA)
Maak my hart gesond (LAPA)
Reünie van harte (LAPA)
Eiland van liefde (LAPA)
Doolhof van liefde (LAPA)
’n Kasteel vir Moira (LAPA)
Liefde in Venesië (LAPA)
Intrige op Imbovali (LAPA)

2007 Hoe kwesbaar die hart (Tafelberg)
2008 Hertog van die pampas (Tafelberg)
2008 Heler van skade (Tafelberg)
2008 In jou hande (Tafelberg)
2009 Tot die dood ons skei (Tafelberg)
2009 Verbode liefde (Tafelberg)
2009 Roep van die woestynwind (Tafelberg)
2010 Dokter sonder grense (Tafelberg)
2011 Dokter van ver (Tafelberg)

Romans:
2009 Gister is ’n ver land (Tafelberg)
2010 Pluimprinse (Tafelberg)
2011 Bloedgrond (Tafelberg)

As Marilyn Bennett

2008 Vir liefde en vryheid (Tafelberg)
2008 Waar liefde vonkel (Tafelberg)


Boeke deur hierdie skrywer

Gister is ’n ver land Tot die dood ons skei Verbode liefde Pluimprinse Dokter sonder grense