Manuskripvoorleggings

 

Ons probeer om nie te voorskriftelik te wees nie, maar hier volg sommige basiese vereistes.

Voorleggingskriteria

 
Liefdesverhale vir Satyn en Hartklop moet ongeveer 55 000 woorde wees. Ons verkies voorleggings op harde kopie, gedruk op wit A4-papier en slegs op een kant van die bladsy.

Let wel: Manuskripte wat onder die Mirre- of Melodie-drukname sou pas, word nie tans oorweeg nie.

Dubbelspasiëring word verkies aangesien dit die maklikste is om te lees. Blaaie moet genommer wees en dit help om die titel van jou manuskrip as opskrif bo-aan elke bladsy te plaas.

Moet asseblief nie die enigste oorspronklike afskrifte van manuskripte stuur nie aangesien ons nie verantwoordelik gehou kan word om hulle terug te stuur nie.

Sluit asseblief ook die volgende in:

• 'n Begeleidende brief met ‘n kort beskrywing van die inhoud en vir watter druknaam (Satyn of Hartklop) die manuskrip geskik is.
• 'n Kort biografie van die skrywer.

Voorleggings kan gestuur word aan: Jasmyn, Posbus 879, Kaapstad, 8000
 
 

Oor hierdie skrywer

Vita du Preez

Vita du Preez is ’n gewilde liefdesverhaalskrywer. Uit haar pen het reeds verskeie titels verskyn, o.a As sterre blom en Skuiling van die hart.

Lees meer...

SPLINTERNUUT

Liefde in fokus | Romance & Sagas

Zoë Gouws

Xante Knobel is ’n fotograaf wat dit haat dat mense na haar kyk. En sy sukkel regtig om die Kaapse mense te verstaan. Hulle is so ánders as die Namibiërs....

Lees meer...