Oor Hierdie Boek

Helene de Kock Omnibus 11

Helene de Kock
Liefdesverhale

'n Kind vir vier oude Vrinde is 'n liefdesroman wat lees soos 'n speurverhaal. Die legende van die baba wat eeue gelede een nag op die drumpel van die ou opstal gevind is, herleef wanneer die pragtige erfgenaam, Isabel Verwey, een stormagtige nag wakker word en 'n baba by haar deur kry ... Wie het die baba daar gelos? En met watter geheime leef Isabel self saam?

Volmaakte versnit is die verhaal van 'n vrou wat in haar drang om vry te wees die verkeerde keuse gemaak het, 'n keuse wat haar weggeneem het van haar mense. En dan keer sy terug na die wynplaas en vind uit dat 'n krisis 'n mens kan breek óf balans kan bring, die volmaakte versnit tussen vreugde en pyn. Dit is wat liefde is ...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 199.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Helene de Kock Omnibus 11

Skrywer: Helene de Kock
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798151030
Vrystellingsdatum: 10 September 2009
Formaat: Sagteband, 368pp

Oor hierdie skrywer

Helene de Kock woon in Pretoria. Sy is getroud met dr. Jos de Kock en hulle het drie kinders, Jaco, Herman en Sylvia....

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...