Oor Hierdie Boek

Altyd somer

Jaybee Roux
Liefdesverhale

Karen Zimmerman skryf in vir Idols en word oornag ’n treffer. Met haar onbeteuelbare energie en sonskyn persoonlikheid neem sy die land op horings. Min mense weet van Karen se ander kant, die donkerte wat soms dreig om haar af te trek.

Ruaan le Roux, eks-veiligheidswag, aanvaar ’n pos as Karen se lyfwag. Om ’n voorbarige, baasspelerige, jong ster tydens haar landwye toer teen hordes aanhangers te beskerm, is nie sy idee van pret nie, maar werk is werk. Dat hy Karen eintlik teen haarself sal moet beskerm, kon Ruaan nie voorsien nie. Hy is egter net so onstuitbaar en hardkoppig soos Karen self en laat hom nie maklik onderkry nie. . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Altyd somer

Skrywer: Jaybee Roux
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624047926
Vrystellingsdatum: 21 Desember 2009
Formaat: Sagteband

Oor hierdie skrywer

Jaybee Roux was lank by die wynbedryf in die Boland betrokke, maar bly tans aan die Weskus waar hy voltyds skryf. Hy is...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...