Oor Hierdie Boek

Omdat jy my liefhet (ePub)

Elsa Winckler
Liefdesverhale

Livie Mulder moet vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling nie, maar sy benodig die erfporsie om ’n belangrike droom te verwesenlik. 
Op die dorp moet die handyman Bart Coetzee haar telkemale uit ’n penarie red. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Hoekom moet hy dan juis só dodelik aantreklik wees?  Bart het egter Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. 
Sal Bart kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met hom.  

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Omdat jy my liefhet (ePub)

Skrywer: Elsa Winckler
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624086185
Vrystellingsdatum: 20 September 2018
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...