Oor Hierdie Boek

Legkaart van die liefde

Renda de Waal
Liefdesverhale

Willa le Roux kan uit die staanspoor nie vir Deon Joubert miskyk nie. G’n mens kan nie: die gemaklikheid met sy eie lyf, die selfvertroue wat hy uitstraal. Boonop is die man slim, sjarmant en gevaarlik aantreklik.  
Hul paaie kruis – vir werk én plesier. Willa weet sy beweeg op gevaarlike terrein, maar sy moet darem genoeg stories bymekaarmaak om eendag haar kleindogter te vermaak.  
Net toe dinge behoorlik tussen hulle vlamvat en Willa uiteindelik gereed is om Deon met haar hart én haar lyf te vertrou, besluit iemand uit haar verlede om weer sy opwagting te maak. Dinge ontspoor uiteraard op ’n dramatiese wyse.  
Twee jaar later moet Willa en Deon mekaar weer in die oë kyk. Nou worstel albei met die vraag: Kan hulle die verlede agter hulle sit en saam ’n toekoms bou?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Legkaart van die liefde

Skrywer: Renda de Waal
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624085768
Vrystellingsdatum: 20 Julie 2018
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Renda de Waal is bevrees ’n leeftyd is nie genoeg vir al die boeke wat sy nog wil lees nie. Al is sy so lief vir...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...