Oor Hierdie Boek

Om met vuur te speel

Lucille du Toit
Liefdesverhale

Die brandbestryding-vlieënier Matt Marais se nuwe buurvrou, Sasha Harold, maak uit die staanspoor gevoelens in hom wakker.
Nie een van die twee is egter in die mark vir ’n verhouding nie: Matt omdat hy nog die josie in is ná die verbrokkeling van sy vorige verhouding, en Sasha omdat sy ’n wêreld van moeilikheid agter haar laat.

Boonop stem Matt nie saam met die wyse waarop Sasha haar drome wil najaag nie. Sasha met haar groot bruin oë laat hom aan ’n verterende vuur dink en as hy nie versigtig is nie, gaan sy hom vaskeer. Die hemel weet: Hy wil nooit weer sy vingers verbrand nie.

Matt bly wonder: Hoekom het sy haar gerieflike lewe in die Kaap agtergelaat? Sal hulle vir mekaar ’n heenkome en veilige hawe kan bied?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Om met vuur te speel

Skrywer: Lucille du Toit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624085577
Vrystellingsdatum: 20 April 2018
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Lucille du Toit is die skuilnaam van ’n skrywer van Noord-Wes wat ook al in ander genres sukses behaal het....

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...