Oor Hierdie Boek

Donna en die droomman

Anita du Preez
Liefdesverhale

Donna Ferguson, kreatiewe direktrise van Buitenkant Produksies, is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer Donna by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy laat hom sowaar toe om haar in die galery se tuin te soen. Trouens, sy soen net so vurig terug. Sy ken nie eens die man se naam nie, maar een ding weet sy: dat hy haar droomman is.

Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op … saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een en dieselfde mens te wees.

Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is – maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hóé sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie. Donna sal van Pieter af moet wegbly, maar dit voel asof haar eie hart by dié gedagte wil faal.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Donna en die droomman

Skrywer: Anita du Preez
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624071150
Vrystellingsdatum: 05 April 2015
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Anita is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA-honneurs en Magistergraad...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...