Oor Hierdie Boek

Susanna M. Lingua Gunstelinge 4

Susanna M. Lingua
Liefdesverhale

Soos ’n silwer droom, waarin Rina Verhoef pas haar onderwysstudie voltooi het en vertrek op ’n reis na Lissabon. Rina het ’n wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat.

Ver bo korale, waarin dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus hoor dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê . . . maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie.

Sag ruis die nagwind, waarin miljoenêrsdogter Alta van Eden besluit om ’n verpleegster te word ná haar pa in ’n ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken – en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat ’n eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.



Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Susanna M. Lingua Gunstelinge 4

Skrywer: Susanna M. Lingua
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624072829
Vrystellingsdatum: 05 April 2015
Formaat: Sagteband, 512pp

Oor hierdie skrywer

Susanna M. Lingua het reeds op sestienjarige ouderdom begin skryf, maar haar werklike skrywersloopbaan het in 1952 begin...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...