Oor Hierdie Boek

Eva se appel (ePub)

Jacolet van den Berg
Liefdesverhale

Beeldhouer Leah Louw het nie tyd vir komplikasies in haar lewe nie. Sy is pas gekies om beelde vir ’n uitstalling oor Nelson Mandela se nalatenskap te maak en sal al haar energie daarop moet fokus. Maar wanneer Leah en haar suster, Mari, en dié se kinders in ’n motorongeluk betrokke is met die aantreklike buurman Hein Malherbe, is niks meer eenvoudig nie.

Die beseerde Mari en haar kinders kom by Leah bly en Hein ontferm hom oor hulle almal. Terwyl Leah aan haar beelde moet werk, kan sy Hein nie uit haar kop kry nie. Die intelligente, sensitiewe hande van haar argitek-buurman is die ideale model vir haar volgende beeld … tog is dit nie die enigste rede waarom haar gedagtes vol is van hom nie. Sy is sowaar verlief!

Maar Mari blyk ook haar oog op Hein te hê. Hoe kan Leah haar suster, ’n enkelma met twee kinders, van ’n kans op geluk ontneem? Maak nie saak wat sy voel nie; Hein is beslis verbode. Buitendien, by watter suster lê hy nou eintlik aan?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Eva se appel (ePub)

Skrywer: Jacolet van den Berg
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624071136
Vrystellingsdatum: 05 April 2015
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

Jacolet van den Berg het BSc Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Haar eerste liefdesverhaal,...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...