Oor Hierdie Boek

Sarah du Pisanie Omnibus 11 (ePub)

Sarah du Pisanie
Liefdesverhale

In Liefde per dosyn moet muskiekonderwyseres Christa van Graan teen haar sin op ’n afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ’n gemene buffel?

In Waar die Suiderkruis hang pak agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin werk het, het die Liebenbergs soos familie geword. Dis net aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wat Katrien nie as ’n broer wil dink nie. Maar hy het net oë vir Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskoolmaniertjies.

In ’n Vrou vir Herman soek beesboer Herman van Rensburg ’n vrou soos sy ouboet s’n – Magriet wat sy voete onder hom uitgeslaan het. In die Boland leer hy die jong perde-afrigter Estie ken en geniet haar geselskap, maar dis die toekomstige eienares van die plaas waarop hy tydelik werk kry, Leana met die gesofistikeerde maniertjies en wulpse vroulikheid, wat sy hart wild in sy borskas laat tamboer slaan . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sarah du Pisanie Omnibus 11 (ePub)

Skrywer: Sarah du Pisanie
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624072867
Vrystellingsdatum: 05 April 2015
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

"Ek bly nou op Olifantshoek in die Noord Kaap. Ek verlang my siek na Namibië en sal altyd in my hart 'n...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...