Oor Hierdie Boek

Ena Murray Keur 3 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

Drie van Ena se heel beste historiese verhale:

Die geheim van Hercule Cordier: Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie . . . Wat ’n man kan doen, kan Zonika ook doen – selfs beter. Maar die dinge wat ’n man aan ’n vrou – en haar hart – kan doen . . . Wel, dis ’n ander storie – een wat die onskuldige seerowermeisie nog nie ken nie. En by kaptein Emile Pierre raak dit ’n obsessie om te weet wie en wat Hercule Cordier is. Watter verband het die kaptein van die Hercule met die D’Arcy-skat in Frankryk?

Paspoort na gevaar: Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ’n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ’n soortgelyke dilemma wag hier op haar . . .

’n Bruid vir graaf Debussy: Jean-Paul Debussy is al dertig, die ouderdom waarop ’n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne ’n maand ’n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op ’n stormnag in ’n herberg teë. ’n Misverstand dryf hulle egter uiteen . . . maar Simone besluit om haar man terug te wen.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Keur 3 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624070900
Vrystellingsdatum: 20 September 2014
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...