Oor Hierdie Boek

Wanneer passie blom

Madelie Human
Liefdesverhale

Dís nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy’t dan so mooi gevra: Net ’n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy’t nié gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir ’n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van háár familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop! The Daisy Chain is Janie se lewe, dít en haar orgideë – en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer ’n bekostigbare perseel vind nie. 

Sy behoort die man nooit te vergewe nie . . . Maar hier gaan sy dan nou op ’n afspraak saam met hom! Hulle kan nie ophou stry nie, en tog . . . Hy’s nog meer van ’n orgideë-liefhebber as Janie . . . en daardie oë!

Wanneer Ryno haar die eerste keer soen, weet Janie hier’s groot moles. Want wat sy voel en wat sy wéét – Ryno is die allerlaaste man vir haar – klop net nie. Wat is hier aan die blom: ’n eendagmooi bloeiseltjie of ’n langlewe-orgidee?
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Wanneer passie blom

Skrywer: Madelie Human
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624067979
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2014
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

As tiener het Madelie se ouma haar altyd goedig...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...