Oor Hierdie Boek

Louisa du Toit Omnibus 8

Louisa du Toit
Liefdesverhale

In Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters ’n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder ’n voertuig in. Dié gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van ’n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie.

In Oorkant op die eiland vertrek Gert en Corrie Pullen oorsee, en hul dogter Janetta gaan kuier saam met haar kêrel, Isidor, by sy ouerhuis teen die Oranjerivier. Corrie is bekommerd om haar dogter na totale vreemdelinge te stuur. In die weke wat volg, sou Janetta meermale wonder of haar ma ’n voorgevoel gehad het, want op Stroomlangs is daar gesindhede en duisterhede wat haar mateloos ontstel. Boweal is daar die moontlikheid dat haar lewe in gevaar is. . .

En in Die uurglas wentel worstel die inwoners van Victorina, die ietwat verwaarloosde maar steeds sierlike woning, met intense problem soos drankmisbruik, buite-egtelike verhoudings en familietwiste. Dan word die uurglas omgekeer, en saam daarmee almal se lewens. 
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 235.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Louisa du Toit Omnibus 8

Skrywer: Louisa du Toit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624068242
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2014
Formaat: Sagteband, 512pp

Oor hierdie skrywer

Louisa du Toit is die skuilnaam wat Engela van Rooyen vir van haar ligter verhale gebruik.

Engela van Rooyen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...