Oor Hierdie Boek

Liefde op Langebaan

Trish Goosen
Liefdesverhale

Lana het ná ’n liefdesteleurstelling op Langebaan kom heel word, hier waar niemand die potjierol van vroeër ken nie, waar sy weer kan leer om goed genoeg te voel.

Vir iemand wat sukkel met haar selfbeeld, is die eerste keer wat sy en Ben mekaar sien, nie van die beste nie: Sy struikel in ’n restaurant en raak slaags met ’n skinkbord vol aarbeimelkskommel. En van daar af bly dinge tussen haar en Ben Kok problematies: Hy’s veels te sexy, om mee te begin, en duidelik ’n player van formaat, kom Lana op hul eerste afspraak agter – hy wil sommer vatterig raak, en met haar geskiedenis is dit die laaste eienskap waarna sy soek in ’n man. 

Buitendien, daar’s beter dinge op die horison toe Lana die nuwe dokter op die dorp se aandag trek, en gou is die twee van hulle in ’n . . . wel, heel goeie verhouding. Net jammer André kritiseer nogal haar smaak. En haar lyf. En haar eetgewoontes. Maar nee, hy’s eintlik báie gaaf. 

Ben, ’n sjef van beroep, wil opmaak vir sy flater en bied aan om Lana te leer kosmaak, om die vegetariese André te kan beïndruk. Net gou moet Lana keer vir die kookwater, en nie nét in die kombuis nie . . .
 
 
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Liefde op Langebaan

Skrywer: Trish Goosen
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624065043
Vrystellingsdatum: 12 Desember 2013
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Etresia (Trish) Goosen is in 1982 in Kaapstad gebore. Sy het grootgeword en skoolgegaan in Florida aan die Wesrand...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...