Oor Hierdie Boek

Die gasheer van Drakeneiland (Luisterboek)

Ena Murray
Liefdesverhale

Beskikbaar as ‘n luisterboek by Audible.com.

Luister na ‘n uittreksel hier.


Vyf vreemdelinge kry ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland.

Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die hel – dis Gasheer van Drakeneiland. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? 

Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? 
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Die gasheer van Drakeneiland (Luisterboek)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624064381
Vrystellingsdatum: 01 April 2013
Formaat: Luisterboek

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...