Oor Hierdie Boek

Ettie Bierman Keur 6 (ePub)

Ettie Bierman
Liefdesverhale

Volmaan op Mopanie: Katie Lategan se kom en gaan was nog altyd haar eie. Maar wanneer haar pa, ’n wildbewaarder op Mopanie, onverwags Kaap toe moet gaan, maak Steyn van Zyl sy opwagting om haar op te pas. Toestande is plofbaar so na aan die Mosambiekgrens, en tot Katie se ontsteltenis hou Steyn haar kom en gaan met ’n valkoog dop.

Dokter Linda: Op Donkerhoek hoor dokter Linda Behrens dat haar vennoot vir die volgende ses maande die soort man is wat elke vrou graag voor die kansel wil hê. Net jammer Marius wil niks van Linda weet nie . . .

Die Bekvelder: Anne-Marie van Zyl aanvaar teensinnig ná haar ma se dood haar stiefoom, Wynand Visser, se aanbod om op sy spogplaas te gaan bly. Maar daar aangekom is Wynand skoonveld en Nicolaas, die eintlike eienaar van die plaas, is glad nie gelukkig met die stand van sake nie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ettie Bierman Keur 6 (ePub)

Skrywer: Ettie Bierman
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624058342
Vrystellingsdatum: 15 Desember 2010
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ettie Bierman is ’n alombekende, immer gewilde skrywer van romantiese verhale. Dié boeke het gewoonlik...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...