Oor Hierdie Boek

Elza Rademeyer Omnibus 6 (ePub)

Elza Rademeyer
Liefdesverhale

In Duwweltjiepad bestaan Rudolf Mulder, die jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe net uit sport, meisies en partytjies. Maar dan beland hy met ’n verlamde onderlyf in die hospitaal. In die hospitaal kruis sy pad ná jare weer met dié van die pragtige suster Jo, wat hom skynbaar ken, maar van wie hy geen herinnering het nie.

In Klopdans van die liefde betrap dokter Pennie de Villiers haar Anton in ’n vurige omhelsing met ’n ander vrou. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is besonder arrogant, maar dié man, Pieter Wasserman, is ook baie aantreklik . . . 

En in ’n Stukkie van jou hart is dokter Lara Strydom aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help. Dan ontmoet sy die aantreklike Paul Sauerman . . . maar hoekom dra hy soveel bitterheid in hom?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Elza Rademeyer Omnibus 6 (ePub)

Skrywer: Elza Rademeyer
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624057895
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2013
Formaat: Sagteband, 512pp

Oor hierdie skrywer

Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende romans...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...