Oor Hierdie Boek

Christine le Roux-Omnibus 5

Christine le Roux
Liefdesverhale

’n Wêreld sonder hom: Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending. 
 
’n Kwessie van tegniek:  Alicia het tydens haar onderhoud met die begaafde akteur André Rosner haar so vererg dat sy vir hom presies gesê het wat sy van hom dink voordat sy uitgestorm het. Nou bevind sy haar op ’n klein Karoodorpie as draaiboekskrywer van ’n filmspan. En André Rosner speel die hoofrol.
 
Bewys van liefde: ’n Bekwame jong fisioterapeut sien hoe haar vriend se broer in selfbejammering verval en ’n kluisenaar raak na ’n ongeluk waarin hy verlam is. Sy besluit die enigste manier om hom uit sy neerslagtigheid te skok, is met ’n goeie dosis eerlikheid.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 235.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Christine le Roux-Omnibus 5

Skrywer: Christine le Roux
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798159395
Vrystellingsdatum: 15 Mei 2013
Formaat: Sagteband, 480pp

Oor hierdie skrywer

Christine le Roux was 'n skuilnaam van Eleanor Baker.

Eleanor Elizabeth Baker is op...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...