Oor Hierdie Boek

Heartfruit (ePub)

Ingrid Wolfaardt
Liefdesverhale

Heartfruit is sowel onderhoudende sage as andersoortige “plaasroman”. Dit is op een vlak die verhaal van ’n Suid-Afrikaanse vrugteplaas, en veral die oorgang van dié plaas se eienaarskap van wit beheer tot ’n meer “kollektiewe besit”, sodat ook ekonomiese én wetlike vraagstukke onder die vergrootglas kom.

Die verhaal strek vanaf die sewentigerjare tot aan die einde van die vorige eeu.

Maar dit is ook die verhaal van Izak, vrugteboer, wat sodanig beseer word tydens ’n besoek aan sy vervreemde broer in Nederland dat hy in die hospitaal beland. Hier neem hy bestek op van sy verlede, hede en toekoms; want vir hom was ’n plaasbestaan nog altyd onlosmaaklik déél van homself. In sy kern spreek dié uiters onderhoudende roman kwessies soos verlies, ’n skuldbesef en die problematiek van menseverhoudinge in die breë aan.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 385.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Heartfruit (ePub)

Skrywer: Ingrid Wolfaardt
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798153379
Vrystellingsdatum: 02 Julie 2008
Formaat: ePub, 416pp

Oor hierdie skrywer

Ingrid Leonie Wolfaardt is in 1960 in Oos-Londen in die Oos-Kaap gebore. Sy word groot in Oos-Londen en die Paarl. In...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...