Oor Hierdie Boek

Volbloedvrou vir ’n vaalseun (ePub)

Kobie Smit
Liefdesverhale

Fransien woon haar skoolreünie weens twee redes by: om die spoke uit haar verlede te besweer en haar metamorfose van armlastige skooldogter na suksesvolle sakevrou onder ‘n paar mense se neus te vryf. Mense soos Tessa de Villiers en Chris de Wet.

Maar as Fransien maar vooraf geweet het dat sy betrek gaan word in ‘n intrige van moord en ou geheime, sou sy dalk twee maal gedink het voor sy pad na haar ou tuisdorp aangepak het – selfs nie eers vir die vaal Jans Jansen, man van haar drome, nie. Want Jans is hoofondersoekbeampte in die moordondersoek en Fransien bevind haar onverwags en onverklaarbaar in die posisie van hoofverdagte in dieselfde saak. . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Volbloedvrou vir ’n vaalseun (ePub)

Skrywer: Kobie Smit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624050407
Vrystellingsdatum: 09 Junie 2009
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Kobie Smit is ’n Vrystater. Sy woon op Harrisimth en is ’n enkelouer. Wanneer sy nie werk om die pot aan die kook te hou...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...