Oor Hierdie Boek

Susanna M Lingua Keur 10 (ePub)

Susanna M. Lingua
Liefdesverhale

Staan op, my beminde: Met die aanhoor van die bepalings van haar vader se testament word Natasha lelik ontnugter: geen oorsese reise meer vir haar nie, geen luuksehotelle en weelderige vakansies meer nie, geen inkomste nie, en die ergste van alles, sy sou vir die eerste keer in haar lewe moes gaan werk.

Natasha bevind haar kort voor lank op ‘n verlate uithoek van die Drakensberge waar sy tikster word vir Dewalt de Meyer, ‘n beroemde skrywer wat hart en siel aan die werk is aan ‘n nuwe draaiboek vir ‘n rolprent. Hy is ook kliphard besig om oor die verdriet van ‘n liefdesteleurstelling te kom. Wanner Dewald vir Natasha vra om sy vrou te word, vind sy dit aanvanklik eienaardig, maar vir die eerste keer kry haar lewe weer koers. Maar wanneer die beeldskone Esna le Clus opdaag, verhander haar drome in ‘n nagmerrie.

Liza Steenberg voel dat haar lewe op die klein plattelandse dorpie, Denneheuwel, by haar verbygaan. Johannesburg se liggies wink en kort voor lank bekom sy ‘n betrekking by ‘n vooruitstrewende sakeonderneming.

Rademeyer-beleggings se direkteur, Thys Rademeyer, soek lankal na sy droommeisie, sy feeprinsessie, maar hoe moet hy kies tussen die mooie Liza en sy bekwame, beeldskone sekretaresse wat haar vangnet al jare lank fyn span? Jy is my droommeisie is ‘n spannende liefdesverhaal wat die leser tot op die end sal laat naels kou.

Renet Rademeyer is radeloos verlief op die sjarmante en skatryk Oswald Strassheim. En ook Oswald het ‘n gelukkig toekoms vir die twee van hulle gesien. Maar nie een het rekening gehou met sy ma, die snobistiese en hovaardige Marion Strassheim, wat wil hê dat hy met Celesta Hauser moet trou nie.

Lied van die reënvoël is ‘n verhaal van jong liefde wat geen struikelblokke ken nie en gelouterde liefde wat standhou deur al die jare.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Susanna M Lingua Keur 10 (ePub)

Skrywer: Susanna M. Lingua
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052128
Vrystellingsdatum: 16 September 2008
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Susanna M. Lingua het reeds op sestienjarige ouderdom begin skryf, maar haar werklike skrywersloopbaan het in 1952 begin...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...