Oor Hierdie Boek

Sewe dae (ePub)

Lizet Engelbrecht
Liefdesverhale

Esmerelda Smit se lewe word fisies en psigies ontwrig wanneer ’n vriendin haar sonder haar medewete vir ’n kompetisie inskryf ... wat sy dan wen! Die kompetisieprys is sewe dae in die teenwoordigheid van die ryk, egoïstiese Pierre Vaz. Die hele idee van so ’n tipe kompetisie steek Esmerelda dwars in die krop. Die vonke spat sommer vinnig wanneer Esmerelda vir Pierre as die hotelbestuurder aansien en Pierre haar onmiddellik as ’n fortuinsoekers bestempel. Sy besef dat sy nooit ’n week saam met die geharde, maar uiters aantreklike, besigheidsman sal oorleef nie en versoek dat die kontrak opgesê word. Maar Pierre weier botweg.

As Pierre se privaat vliegtuig ’n noodlanding in die wildernis moet uitvoer, vererger die situasie. Humeure vat vlam en emosies seëvier. En Esmeralda moet mooi kophou sodat sy heel deur die sewe dae kom ...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sewe dae (ePub)

Skrywer: Lizet Engelbrecht
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052111
Vrystellingsdatum: 08 September 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Lizet Engelbrecht is 'n gekwalifiseerde personeelbestuurder.

Sy en haar man het tot einde 2008 in Lusaka...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...