Oor Hierdie Boek

Narkose vir die hart (ePub)

Helena Hugo
Liefdesverhale

Narkotiseur Saranie du Plessis is al goed aan die verkeerde kant van dertig en steeds enkellopend. Van kleins af was haar broers erg besitlik en het geen vryer geduld nie. Saranie is trots daarop dat sy uiters professioneel is en haar werk eerste stel.

Maar wanneer sy een aand per ongeluk drie ampules morfien in haar doktersjas se sak ontdek en amper by ’n padblokkade vasgetrek word, is sy in die knyp. Doodbang om dit terug te neem, kom die stil afsydige sjirurg, Franz Strauss, onverwags tot haar redding.

Met dié geheim tussen hulle ontwikkel ’n vriendskap wat gou-gou deur die res van die hospitaalpersoneel raakgesien word – veral deur hospitaaldokter Corné Vermaak, wat lankal ’n ogie op Saranie het. Ook by die kil geskeide Glenda Olckers gaan hierdie ontluikende vriendskap nie ongesiens verby nie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Narkose vir die hart (ePub)

Skrywer: Helena Hugo
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052012
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...