Oor Hierdie Boek

Dokter van harte (ePub)

Kristel Loots
Liefdesverhale

Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. “My hart,” sou sy vir hom kon sê as hy haar wil vra, “is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou.”

Maar natuurlik het sy nie ’n keuse nie. As jy vir Koekemoer Internasionaal werk, dans jy na hul pype en voordat haar baas bereid is om ’n nuwe kontrak met haar aan te gaan, wil hy weet dat sy nie in haar spore sal neersak nie.

Luca de Wet duik orals op, maar sy vertrou hom nie. Sy wéét wat gebeur wanneer ’n hartchirurg gou is om die mes in te lê - en al die pad bank toe te lag - sonder om sy pasiënt se welstand in ag te neem. Dis net dat die vervlakste dokter met sy mooi mond allerhande fantasieë in haar wakker maak wat maar eerder kon gebly het.

Want van mans en hul gewoontes weet sy genoeg om nooit weer toe te laat dat een wydsbeen oor haar hart kom sit nie . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Dokter van harte (ePub)

Skrywer: Kristel Loots
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051824
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Kristel Loots...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...