Oor Hierdie Boek

Katryn van die klipdassies (ePub)

Maretha Maartens
Liefdesverhale

In Katryn Müller se ouerhuis was swaarkry of die aanvaarding van verantwoordelikheid nie hoog op die agenda nie en godsdiens het geen rol gespeel nie. Maar kort voor Katryn as vennoot in haar ouers se verslankingsmiddelsakeryk opgeneem kan word, verander die lewe en die atmosfeer in Müllerhof onherroepelik.

Eggert en Frieda Müller roep die landskap van die maer lywe vaarwel toe en gooi die deure van ’n ou plaashuis oop vir mense wat ’n tweede kans in die lewe nodig het. Teen haar sin begin Katryn betrokke raak by haar ouers se nuwe lewe en ontmoet vir Dawid Pretorius, die maatskaplike werker met die groot hande wat so sag aan mense raak. Wanneer haar pa ’n dodelike siekte plaas toe bring en kwarantyn afgedwing word, ontdek sy Dawid Pretorius is nie ’n engel wat op aarde diens doen nie. . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Katryn van die klipdassies (ePub)

Skrywer: Maretha Maartens
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051978
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Maretha Maartens is op 22 Junie 1945 in Bloemfontein gebore. Sy word groot op Jacobsdal en Petrusburg. Sy studeer aan...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...