Oor Hierdie Boek

Môrester in die hart (ePub)

Rykie Roux
Liefdesverhale

Jolanda Jansenz, omroeper by ’n Christelike radio-stasie, se lewe word onderstebo gekeer toe Tomas Brink, die eienaar van die stasie, onverwags in ’n motorongeluk omkom. Tomas se broer, Estian, het sy eie idees oor die radiostasie, wat nou skielik sy baba is, én die werklike verhouding wat daar tussen Jolanda en Tomas was. Hy stel Berto as nuwe hoof van die stasie aan. En Berto is ’n spook uit Jolande se verlede van wie sy liefs wil vergeet.

Gelukkig is daar een ligpunt in Jolanda se lewe: haar epos-vriendskap met ’n geheimsinnige man wat homself ‘Blink Stefaans’ noem. Hy is ’n sensitiewe kunstenaar wat haar verstaan en bemoedig en soos wat haar lewe al hoe moeiliker raak, steun sy al hoe meer op hom.

As Jolanda so aangetrokke voel tot Stefaans, hoekom begin sy skoon tintel as die ongenaakbare Estian net naby haar kom? Algaande begin Jolanda wonder of Estian die graniethart nie dalk self ’n paar letsels het wat hy versteek nie...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Môrester in die hart (ePub)

Skrywer: Rykie Roux
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051992
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Soos in haar vorige verhale, Aarbeie vir dokter Aliz, Tango met ’n chirurg en Die dokter se...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...