Oor Hierdie Boek

Ena Murray Omnibus 17 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

Drie verhale wat die leser ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van ’n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje.

In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar sy het ’n bokskampioen van ’n kêrel wat dik briewe aan haar skryf – en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op ... en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere.

Waar die nagtegaal sing is die verhaal van ’n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders – en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan.

En in My afgemete deel beland die pragtige maar onkundige Hybre Koch in die strikke van ’n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by ’n ongure hofsaak.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Omnibus 17 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051855
Vrystellingsdatum: 08 April 2007
Formaat: ePub, 512 pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...