Oor Hierdie Boek

Ena Murray Omnibus 18 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

Ena Murray skryf met seldsame insig oor die liefde tussen mense, en beeld ook met groot begrip die skadukant daarvan uit.

Diena van Die Eike is ’n roman wat die leser ’n onvergeetlike blik gee in die hart van ’n vrou wat deur die smeltkroes van die lewe moes gaan omdat sy té liefgehad het. Die benaming “Diena van Die Eike” is die somtotaal van wat sy word – weg van die hoofstroom van die lewe, buite bereik van die skaduwee wat oor haar verlede hang.

In Soveel blye dae kom die tergende vrae aan die bod: Hoe leef ’n vrou voort wanneer alles binne haar gesterf het? En hoe herwin sy respek vir haarself en vertroue in haar medemens?

En in Helder is die nag beleef Hugo ’n Damaskuspad-ervaring. Deur dure ervaring moet hy uiteindelik leer dat geluk nooit van hartseer geskei kan word nie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Omnibus 18 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051862
Vrystellingsdatum: 28 Mei 2008
Formaat: ePub, 512 pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...