Oor Hierdie Boek

Schalkie van Wyk Keur 10 (ePub)

Schalkie van Wyk
Liefdesverhale

In Die grondbaron koop Erika en haar kunstenaarbroer, Henno, ’n praghuis op hul tuisdorp van weleer met die plan om ’n losieshuis daarvan te maak. Weldra blyk dit egter dat die verkoper se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl hul geld terugbetaal word, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort huishoudster. Wilhelm is boonop uiters hubaar, maar daar is ander vrouens wat hul flikkers vir hom gooi . . .

Somer van betowering
is die boeiende verhaal van Elbie se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering. 

En in Meisie in die reën sien Marli ná tien jaar weer vir Hilgard, en besef met ’n skok dat haar tienerliefde vir dié man in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Maar Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Schalkie van Wyk Keur 10 (ePub)

Skrywer: Schalkie van Wyk
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624057574
Vrystellingsdatum: 20 April 2013
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...