Oor Hierdie Boek

Sarah du Pisanie Omnibus 7 (ePub)

Sarah du Pisanie
Liefdesverhale

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ‘n onderwyserspos op so ’n afgeleë dorpie te aanvaar? As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in ’n japtrap gepak en teruggekeer huis toe . . . na Pieter toe.

Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer, spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas besit? En waarvan, dink dié wildvreemde man, moet sy, haar vier susters, en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?

Fort van die kappiedraers: Skaars ’n week gelede het Stieneke Kitshoff nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman Piet Coetzee doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na ‘n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante Jaap Venter!
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sarah du Pisanie Omnibus 7 (ePub)

Skrywer: Sarah du Pisanie
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624057567
Vrystellingsdatum: 20 April 2013
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

"Ek bly nou op Olifantshoek in die Noord Kaap. Ek verlang my siek na Namibië en sal altyd in my hart 'n...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...