Oor Hierdie Boek

Vier seisoene kind (ePub)

Wilna Adriaanse
Liefdesverhale

Wenner van die 2011 ATKV-Prys vir Romanse

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon.

Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ’n bang vreemdeling gevind.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 310.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Vier seisoene kind (ePub)

Skrywer: Wilna Adriaanse
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051756
Vrystellingsdatum: 06 April 2010
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het egter op Worcester grootgeword en matrikuleer in...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...