Oor Hierdie Boek

Elza Rademeyer Omnibus 4 (ePub)

Elza Rademeyer
Liefdesverhale

In Kronkelpad na geluk werk Jessica op Biesiesdal in oom Josie se slaghuis en loseer sy by tant Mart – vir hulle is sy amper net soos ’n dogter. Maar haar liefdeslewe is ’n warboel. Jessica se verhouding met twee aantreklike broers en ’n oudsenator se boheemse dogter sorg dat dié verhaal ’n pad loop wat nooit ’n vervelige oomblik het nie.

In Jy behoort aan my lei Sura se ontmoeting met Hennie op Komslaagte tot groot ontberings. Verkragting en ’n afgryslike ongeluk is maar twee van die enorme struikelblokke wat sy moet oorkom voordat sy ware geluk kan vind.

En in Hamerkopnes is Caroline Bester doodgelukkig in haar werk én haar verhouding met Darius. Daarom is sy nie voorbereid op die uitwerking wat die skatryk Mark Johnson op haar lewe sal hê wanneer hul paaie kruis nie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Elza Rademeyer Omnibus 4 (ePub)

Skrywer: Elza Rademeyer
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624053682
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2011
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende romans...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...