Oor Hierdie Boek

Tot die dood ons skei (ePub)

Malene Breytenbach
Liefdesverhale

Wanneer haar buurvrou, Monique Bauman, vermoor word, keer die jong professor Kira Trollip se hele lewe onderstebo. Want Kira was nog altyd verlief op Reinhard, Monique se man. En op Stellenbosch was dit geen geheim nie. Monique Bauman was nou wel geen engeltjie nie, maar was dit genoeg rede om haar te vermoor? Skielik is almal agterdogtig en selfs Kira begin wonder of Reinhard onskuldig is. Hoe kan sy verkeerd wees oor die man van haar drome? En verdink hy háár ook – soos soveel ander?

Wanneer die volgende moord gepleeg word, besef Kira dat die liefde ‘n baie sterk motivering kan wees – ook wat moord betref . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Tot die dood ons skei (ePub)

Skrywer: Malene Breytenbach
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624050377
Vrystellingsdatum: 27 April 2009
Formaat: ePub, 224p

Oor hierdie skrywer

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe)...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...