Oor Hierdie Boek

Lydia en die loodgieter

Anita du Preez
Liefdesverhale

Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. 
 
Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders.
 
Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. 
 
Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter?
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Lydia en die loodgieter

Skrywer: Anita du Preez
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624056683
Vrystellingsdatum: 20 Desember 2012
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Anita is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA-honneurs en Magistergraad...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...