Oor Hierdie Boek

Sarah du Pisanie Omnibus 6 (ePub)

Sarah du Pisanie
Liefdesverhale

In Liefste Koos bevind Elsa Fourie haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar verloofde, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kán die tog meemaak.
 
In Jakkalswater rig Oom Bennie ’n moeilike versoek tot Daan: daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal, en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan eers met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want ’n vrou alleen tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee.
 
En in Die winskopie kry Gerhard Fouché snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers in Lüderitz en later in Otavi teëkom. Dat dié ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun aan sy sy ’n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sy toesig plaas.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sarah du Pisanie Omnibus 6 (ePub)

Skrywer: Sarah du Pisanie
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052579
Vrystellingsdatum: 20 Desember 2012
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

"Ek bly nou op Olifantshoek in die Noord Kaap. Ek verlang my siek na Namibië en sal altyd in my hart 'n...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...