Oor Hierdie Boek |
 |
Engeltjie met vlerke
Madeleine Malherbe
Liefdesverhale
Brenda sit ná haar man se skielike dood met ernstige finansiële probleme en kwelvrae oor haar ontslape man se etiek. Boonop verloor sy haar werk as verpleegster. Sy moet inspring om geld te verdien en verhuur die woonstel langs haar huis aan ’n sjarmante man, Ben, wat spoedig ’n groot rol in haar lewe begin speel. Hy sal haar ’n lewe van kalmte, vastigheid en sekerheid kan bied. Hy’s suksesvol, en in terme van geld . . .
Maar intussen word haar buurman, Tinus, ’n goeie vriend van die gesin. Hy’s sexy, die kinders hou van hom, en watter vrou vind nie ’n vlieënier aantreklik nie?
Brenda gaan as proeflopie saam met albei mans weg vir naweke, bloot as vriende. Haar en Tinus se tydjie in Durban word ontwrig deur ’n noodgeval wat Brenda se mediese vernuf tot die uiterste beproef.
Terug by die huis moet sy moeilike besluite maak. Watter man het die sleutel tot haar hart?
Koop Hierdie Boek |
 |
Meer Inligting |
 |
|
 |
Prys (BTW ingesl.):
R 94.95
Verkrygbaar by:
|
|
Engeltjie met vlerke
Skrywer: Madeleine Malherbe
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624056355
Vrystellingsdatum: 20 September 2012
Formaat: Sagteband, 224pp
|