Oor Hierdie Boek

Nuwe liefde op Môredou (ePub)

Liesbet Minnaar
Liefdesverhale

Milla het ’n plaas geërf. Sy’s ’n stadsmeisie – ’n gholfbaanontwikkelaar – maar die feit dat haar pa wat sy nooit geken het nie nou vir haar ’n plaas nalaat . . . Sy moet eenvoudig gaan kyk. 
 
In die Karoo aangekom is sy gou oortuig dat haar plaas, Môredou, absoluut ’n spog-gholfbaan moet word. Sy sien reeds die sukses van dié gewaagde solo-onderneming voor haar geestesoog, al bly ou Daantjie Appels sy ganse lewe daar en al het die plaas ’n eie bekoring wat sy mettertyd leer liefkry.
 
Maar sy het nie gereken op teenstand soos dié wat Lukas haar bied nie. Hy doen navorsing oor die gebied se silwervossies, en hoewel die vonke sommer dadelik tussen hom en Milla spat, staan die silwervosse en Môredou se toekoms tussen hulle. Om van sy opdringerige eks nie te praat nie . . .
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Nuwe liefde op Môredou (ePub)

Skrywer: Liesbet Minnaar
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624056409
Vrystellingsdatum: 20 September 2012
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Liesbet Minnaar (’n skuilnaam) is ’n bekroonde jong joernalis van Kaapstad.

Sy skryf die...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...