Oor Hierdie Boek

Plekkie in die son

Ena Murray
Liefdesverhale

 
 
Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar … Dié oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses.
 
Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats. 

In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 250.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Plekkie in die son

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624055983
Vrystellingsdatum: 20 Julie 2012
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...