Oor Hierdie Boek

Bosveldliefde vir Jemma (eBook)

Amelia Strydom
Liefdesverhale

Jemma het niks lus om haar vakansie op te offer om vroedvrou vir die sterre te speel nie en sy weier volstrek toe dokter Reuben Stiller haar nader om pop-ikoon Kaydee se eersteling op haar bosveldplaas te vang. Jemma is geen dokter se handlanger nie, dankie, daarvoor is sy gans te onafhanklik. 
 
Sy het egter nie rekening gehou met die mooie Reuben se oorredingsvermoë nie. Teen haar beterwete stem sy in om Kaydee se tuisbevalling te hanteer en om vir ’n maand lank nou saam met Reuben te werk en te leef. Dit word ’n maand vol verrassings, waarin Jemma haar innerlike staal sowel as gevoelens vir Reuben ontdek.
 
Maar wat voel hy vir haar? Waarom is hul verhouding so ’n wipplank-affêre, een oomblik op en die volgende af? Behoort sy hart dalk nog aan sy oorlede vrou? Of steek hy ander, meer duistere, geheime weg?
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Bosveldliefde vir Jemma (eBook)

Skrywer: Amelia Strydom
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054627
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2012
Formaat: Eboek e-Pub

Oor hierdie skrywer

Amelia Strydom is in 1974 in Johannesburg gebore. Sy het in Gauteng grootgeword in ‘n huisgesin wat rondom boeke...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...