Oor Hierdie Boek

Susanna M. Lingua Gunstelinge 1

Susanna M. Lingua
Liefdesverhale

 Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoenêr-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar dié goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in ’n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espiño raak hartstog egter ’n vlam wat ’n vlinder se vlerkies kan skroei . .

Son op die horizon: Kort ná haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in ’n motorongeluk. Haar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik met dié van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland?

Haar naam was Marina Neser: “Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat.” Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marquês De Conna, ontmoet het – ’n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Susanna M. Lingua Gunstelinge 1

Skrywer: Susanna M. Lingua
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054764
Vrystellingsdatum: 20 Mei 2012
Formaat: E-boek ePub, 512 pp

Oor hierdie skrywer

Susanna M. Lingua het reeds op sestienjarige ouderdom begin skryf, maar haar werklike skrywersloopbaan het in 1952 begin...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...