Oor Hierdie Boek

Ena Murray Omnibus 36 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies.
 
In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wêreldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer . . .
 
En in Môre lê ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word ’n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Omnibus 36 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051725
Vrystellingsdatum: 20 Desember 2012
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...