Oor Hierdie Boek

ENA MURRAY OMNIBUS 22 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

Die hoofkarakter van ’n Vrou soos Salome is die liefling-ster van die sangverhoog. Maar die joernalis Jaco Retief sien ’n weerloosheid in dié Salome Truter. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil.

In Twee paaie na Khuana kan Anel Bredenkamp nie verstaan waarom twéé mans skielik so gretig is om haar Bosveldplasie te koop nie. Eindelik staan sy alleen in hierdie onheilspellende boswêreld waarin nie net die twee geheimsinnige mans nie maar ook verwoede buffels, gewetenlose wilddiewe en ’n “vroulike duiwel” ’n sinistere rol speel.

In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hys dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

ENA MURRAY OMNIBUS 22 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624050278
Vrystellingsdatum: 12 Junie 2009
Formaat: ePub, 512 pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...