Oor Hierdie Boek

Sterre is vir ewig

Ettie Bierman
Liefdesverhale

Dit het alles begin met ’n waterpyp wat die nuwe buurman in sy tuin raakgespit het terwyl Erin besig was om haar hare te kleur. Die gebleikte haardos was ’n ramp en haar eerste ontmoeting met Francois ’n fiasko. Die vlaswit hare kon sy mettertyd aanvaar. Maar die skade wat die verleidelike Bolander met die kwiksilwer oë aan haar hart veroorsaak het, was onherroeplik.

Sy weet hy’s ’n rokjagter en ’n meisie-morser; sy weet sy moet hom uit haar lewe sny. Maar ’n verraderlike hart laat hom nie voorskryf nie, selfs nie eens toe Erin se kleinsus, Lara, aankondig Francois is háár trouman nie. Erin se hart is verskeur en sy probeer Lara desperaat waarsku: Francois het ’n vrou en kind. Maar kleinsus is ’n hardkoppige tiener en min lus vir raad, en die liefde is nie ’n paar skoene wat jy kan uitskop as dit nie pas nie . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sterre is vir ewig

Skrywer: Ettie Bierman
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624053552
Vrystellingsdatum: 13 Desember 2011
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Ettie Bierman is ’n alombekende, immer gewilde skrywer van romantiese verhale. Dié boeke het gewoonlik...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...