Oor Hierdie Boek

Iemand soos jy (ePDF)

Schalkie van Wyk
Liefdesverhale

Elzeri Odendaal het by haar oupa Gideon en ouma Beth grootgeword omdat haar ma haar as baba aan haar grootouers gegee het en haar pa kort voor haar geboorte in ’n ski-ongeluk gesterf het. Haar ma is skaars ’n jaar later weer getroud, en het haar dogter deur die jare nooit opgesoek nie.

Elzeri het egter nie daarin belang gestel om haar ma te probeer opspoor nie, want sy het kleintyd al aanvaar dat haar ma haar verwerp het. Maar toe sy by haar vriendin Sonette in die Karoo gaan kuier en uitvind dat dié haar ma goed ken, word sy onverwags met haar verlede gekonfronteer. Om nie te praat van Sonette se aantreklike broer, Arendt, wat haar emosies behoorlik deurmekaarkrap nie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Iemand soos jy (ePDF)

Skrywer: Schalkie van Wyk
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624050148
Vrystellingsdatum: 06 April 2010
Formaat: E-boek ePDF, 224 pp

Oor hierdie skrywer

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...