Oor Hierdie Boek

Met ander woorde

Wilna Adriaanse
Liefdesverhale

Toe Kristina laataand nog nie weer by die huis opgedaag het nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie en hulle vind haar in die vroeë oggendure onder ’n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan nie onthou wat met haar gebeur het nie. Geen logiese oorsaak word vir haar gedrag of haar gedeeltelike geheueverlies gevind nie en later word die hulp van ’n psigiater ingeroep. Ben Krige het ’n praktyk en kliniek op Stellenbosch, en wanneer Kristina oorkant hom plaasneem, is sy vir hom soos ’n labarint – vreemd en onbekend. Maar baie aantreklik. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek die woorde grense af en uiteindelik bring die pad hulle by ’n bestemming uit – maar ’n bestemming lyk soms anders as waarop ’n mens gereken het . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 295.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Met ander woorde

Skrywer: Wilna Adriaanse
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624044550
Vrystellingsdatum: 20 September 2006
Formaat: Sagteband, 350pp

Oor hierdie skrywer

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het egter op Worcester grootgeword en matrikuleer in...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...