Oor Hierdie Boek |
 |
Helene de Kock Omnibus 12
Helene de Kock
Liefdesverhale
Hierdie omnibus sluit in die gewilde
Abel se dogters, ’n 3-delige familiesage, asook een van die skrywer se wynlandromans,
Soetwyn vir ’n Sondagkind.
Abel se dogters speel af op ’n Oos-Vrystaatse plaas. Abel Buitendag se drie dogters smag na meer warmte. Sedert hul ma se dood klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is.
Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word.